Skip to main content
0861 996 660Empowerment through skills development
Home
Training Solutions
WorkshopsCoachingFlagship Leadership ProgrammesSETA LearnershipsOnline CoursesFAQ
Resources
Company ProfileTraining CalendarCertificate LookupHR ResourcesVenue InformationEnneagram ReportsLearner SupportFor DelegatesSDF signup
About
Our storyMeet the teamGalleryTestimonialsCompliance / legalBlogContactTrainer Login
Blog

Hoe om Positief te Bly

https://www.stafftraining.co.za/blog/hoe-om-positief-te-bly

Hoe om Positief te Bly
Hoe om Positief te Bly
Word sekere mense eenvoudig positief gebore of is daar 'n dinge wat ek kan doen om ook positief te wees...

Liewe Leser

Kaapstad lyk vanoggend grys en baie onvriendelik; die warm pampoensop en beesstert van gister vergete en my lessenaar is vol gepak met eise en verantwoordelikhede. Mense praat dikwels van blou- Maandag, maar wat ek nie lekker verstaan nie is dat blou mos eintlik ‘n baie mooi kleur is. Hoekom dit dan nou assosieer met ‘n moontlike negatiewe ervaring?

En dis presies hoe van ons positief en gemotiveerd bly: Almal ervaar die winter as koud en soms baie ongemaklik, maar ons het ‘n keuse hoe ons hierdie negatiewe ervaring gaan interpreteer en hoe ons gaan reageer.

So was die gym ook nog nooit vir my ‘n baie lekker ervaring nie, maar ek het die treadmill oorwin deur klein persoonlike doelwitte te stel soos: Vandag gaan ek die volgende kilometer 30 sekondes vinniger hardloop, of ek gaan 500 meter verder hardloop as die vorige sessie. Persoonlike doelwitte trek ons aandag af van die globale negatiewe gevoel en help ons om meer in die oomblik te fokus.

‘n Ander onaangename ervaring waar ek soms baie hard met myself moet praat, is die skaal-ervaring. Banting help vir almal, net nie vir my nie. Maar dankie tog dat ek nog gesond is, my bene my nog elke dag dra en my arme lewer my nog nie in die steek gelaat het nie. Ja ons moet leer om die klein dingetjies te waardeer, ons verwagtinge realisties te hou en asseblief nie jouself met ander te vergelyk nie. Hierdie maatstawwe is mens-gemaak en bring oor die algemeen meer hartseer as plesier.

Ek wil afsluit: Skynbaar neem dit vier positiewe gedagtes om een negatiewe gedagte te vervang. Deursoek jou brein en wees kreatief; vind jou vier positiewe gedagtes. As dit moet; skryf dit neer en maak dit deel van jou lewe.

Sterkte met jou Maandag. Ek vertrou dat jy dit met mening en entoesiasme gaan aanpak.

Vriendelik groete vanuit ‘n nou heerlike wintersdag in die mooie Kaap.

Staff Training is ‘n Suid Afrikaanse opleiding maatskappy wat onder andere spesialiseer in Corporate Wellness, Emosionele Intelligensie en die Enneagram. Kontak ons vir meer inligting.

All posts