1. Skoolklere gestryk en sportklere gepak? ✓
2. Kinders se kosblikke gepak? ✓
3. Saamry-klub gereël? ✓
4. Nota op die yskas: "Tel hondekos by veearts op" ✓
Alles is georden en netjies uiteen gesit en dan gebeur die ondenkbare: Jou man vergeet om die hondekos op te tel en jou seun kry ‘n "sad" briefie: " Dit was rugby -oefendag" nie skaak nie.
Stap 1: Die monster van woede steeks sy kop uit en voordat jy dit kan keer begin woorde van kritiek uit jou mond vlieg.
Stap 2: Groot skaamte en spyt pak jou beet: Dit is eenvoudig nie hoe mens optree nie.
Stap3: Probeer dadelik ‘n beter sisteem in plek stel.
Kan jy met hierdie soort optrede en gevoelens identifiseer? Dan is dit moontlik dat jy ‘n nommer Een persoonlikheidstipe op die Enneagram is. (Strict Perfectionist)
Advies: Haal diep asem en sê vir jouself: "It's perfect as it is." In die groter prentjie gesien is alles steeds perfek.
Staff Training is ‘n Suid Afrikaanse opleiding maatskappy wat onder andere spesialiseer in Corporate Wellness, Emosionele Intelligensie en die Enneagram. Kontak ons vir meer inligting.
